Werklose onderwysers word geregistreer

Die massaregistrasie van werklose onderwysers het op Rundu begin en sal landwyd uitgevoer word. Volgens David Nekaro, voorsitter van die Werklose Onderwyserskomitee kom die registrasie na ‘n ooreenkoms met die onderwysministerie om akkurate statistiek in te win oor hoeveel werklose onderwysers daar landwyd is. In 2023 was daar 8 225 werklose onderwysers. Nekaro sê ook die ministerie behoort pre-primêre onderwys te absorbeer. Dit is nie meer verpligtend nie maar, dit kan 300 onderwysposte op die vlak skep.