Uutoni hou blykbaar nie van derde partye wat by owerhede aangestel word nie

Die minister van stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het plaaslike owerhede versoek om interne meganismes te gebruik om munisipale skuld te bestuur en te verhaal. Hy sê dienslewering is ‘n sleuteloorweging wanneer burgers vir hul leiers stem en dus moet plaaslike owerhede om voort te gaan om alles in hul vermoë te doen om hul pligte uit te voer volgens die verwagtinge van die gemeenskap en om direkte en deurlopende skakeling met die gemeenskap te verseker in plaas daarvan om derde partye te gebruik. Sy aanmerkings kom na talle inwoners regoor die land kla oor die aanstelling van RedForce vir skuld invordering.