EU veroordeel Israel vir Rafah-aanval
Die buitelandse beleidshoof van die Europese Unie, Josep Borrell het Sondag se dodelike Israelse lugaanval op ‘n kamp vir ontheemde Palestyne in Rafah, Gaza, veroordeel. Die dodetal van die lugaanval het tot 45 gestyg, insluitend vroue en kinders. Sowat 800 000 mense het uit Rafah gevlug, maar honderde duisende skuil steeds daar. Borrell sê die Wêreldhof het Israel beveel om sy militêre aanval op Rafah te staak en dit moet nou uitgevoer word: