AfriForum sal geweld monitor op kiesdag
AfriForum het bevestig sy 134 waarnemers en 170 buurtwagte is gereed vir die verkiesingstydperk. Die woordvoerder van Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê hulle sal stemlokale fyn dophou en op ‘n hoë gereedheidsgrondslag bly vir moontlike geweld. Broodryk sê AfriForum se lugvleuel, met meer as 40 hommeltuie, is ook op bystand om regstreekse inligting in te samel en verdagtes op te spoor: