Straatkinders word terug na Angola begelei: Witbooi

Chaos het uitgebreek by die Ondangwa Nasionale Jeugdiens-sentrum waar die Angolese straatkinders en vroue al vir ‘n maand gehuisves word. Die adjunkminister van binnelandse sake, Lucia Witbooi, en beamptes het vanoggend ‘n media-inligtingsessie by die sentrum gehou, waarna die kinders oproerig geword het. Sowat 73 van hulle het hul besittings gevat en eis om die sentrum te verlaat. Hulle wil terugloop na hul oorspronklike tuistes en sê hulle wil geen meer bystand van of Namibië of Angola hê nie. Polisie en veiligheidswagte moes die sentrum se hek sluit om hulle binne te hou. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van prokureur Kadhila Amoomo, wat hom vir die kinders se welstand beywer.

Amoomo deel oplossings om die Angolese burgers by te staan.

Witbooi het aangekondig dat 73 kinders en vroue terug na Angola begelei sal word.