Jhb-myne besmet water al jare lank, Soweto loop veral deur
Navorsing toon goudmyne in Johannesburg laat reeds 140 jaar lank afvalwater wat met swaar metale besmet is, uitlek. Die suur-dreinering uit Johannesburg se sowat 278 verlate myne en 200 mynhope sluit uraan, koper, nikkel en sink in. Dit lei daartoe dat 1,9-miljoen Soweto-inwoners aan suur myn-dreinering blootgestel word. Die skrywers van die navorsingstuk sê ernstige blootstelling aan hierdie swaar metale kan lei tot geboortedefekte, breinskade, kanker en miskrame.