Talle beseerdes het rugbeserings na Singapoer-turbulensievlug

Baie van die mense wat ernstig beseer is toe ‘n vlug van Londen na Singapoer ernstige turbulensie ondervind het, moet rugoperasies ondergaan. Die Boeing 777 het vinnig gedaal oor die Andamanse See en die vlieëniers moes ‘n noodlanding doen in Bangkok, Thailand. Die 73-jarige Geoff Kitchen van Gloucestershire in Brittanje het aan ‘n vermeende hartaanval beswyk. ‘n Woordvoerder van die hospitaal sê 20 mense is nog in die waakeenheid, talle met rugbeserings. Altesaam 104 mense is in die hospitaal in Thailand behandel.