Politieke partye moet beter taal gebruik – kenner

Adjunkminister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, het gesê hy wil die ‘demokratiese’ begrafnis van die presidente van die IPC en die PDM sien. Nekundi het na Panduleni Itula en McHenry Venaani verwys tydens ‘n Swapo-saamtrek Sondag by Emono-dorpie in die Oshana-streek. Die IPC sê in ‘n persverklaring dat Nekundi se opmerkings diep ontstellend en heeltemal onvanpas is. Volkgens die verklaring is die insinuasie dat partypresident, dr. Panduleni Itula, na Namibië teruggekeer het slegs om selfdienende redes nie net vals nie, maar ‘n doelbewuste wanvoorstelling van sy toewyding aan die land. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die bestuurskenner, dr. Marius Kudumo, wat sê politieke leiers behoort ordentlikheid voorop te stel en let op die taal wat hulle gebruik.