Elvis se kleindogter baklei vir Graceland

Die kleindogter van Elvis Presley voer ‘n bitter regstryd om te voorkom sy beroemde herehuis word verkoop. Riley Keough beweer die handtekening van haar oorlede moeder, Lisa Marie Presley, is vervals op ‘n dokument van ‘n leningsonderneming wat beweer sy het Graceland as aanvullende sekuriteit aangebied vir ‘n lening van 68 miljoen Namibiese dollar, wat nooit terugbetaal is nie. Keough wil met die regsaansoek keer dat môre se veiling voortgaan. Die herehuis in Memphis, Tennessee, waar Elvis begrawe is, is in 2006 tot ‘n nasionale historiese landmerk verklaar. Keogh is die enigste eienaar en trustee.