GBV: LPM plaas klem om faktore wat mans na geweld dryf

Voorvalle van geslagsgeweld duik telkemale in die media op en dit lyk nie asof die gevalle afneem nie. Die vraag ontstaan hoekom gemeenskappe nie optree nie. Met die verkiesings op hande is dit belangrik om politieke partye se standpunte en oplossings vir sulke kwessies te hoor. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die woordvoerder van die Landless People’s Movement, Lifalaza Simataa, oor wat die party voorstel om hierdie probleem te bekamp.