Otji moet ‘n verwysingshospitaal kry – goewerneur

Die nuwe Otjozondjupa verwysingshospitaal by Otjiwarongo wat ses jaar sou gebeur het en steeds nie begin is nie, al is daar geld begroot, bly in die nuus. Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua sê die hospitaal is nie ‘n luuksheid nie.

Die grond, 20 hektaar, was reeds tien jaar gelede bekom en ten duurste omhein. Daar was 720 miljoen Namibiese dollar vir die konstruksie begroot. Nou val die heining uitmekaar en nie een baksteen is gelê nie. Siek pasiënte word steeds, deur middel van busse, na Windhoek vervoer vir mediese dienste.