Swart soldaatvlieg bly om antwoord te wees
Kan ons terselfdertyd kweekhuisgasvrystellings verminder, die hoeveelheid organiese afval wat na stortingsterreine gaan verminder, landbouproduktiwiteit en grondvrugbaarheid verhoog en voedselsekerheid in Namibië verbeter? Volgens Sven Gruttemeyer van Biocycle is dit moontlik. Die Namibiese Kamer van die Omgewing sê die swart soldaatvlieg is blykbaar die antwoord. Die vlieg kom in noordelike Namibië voor met ‘n lewensiklus van eier tot volwasse van slegs 18 dae. Die vlieg is veilig vir mense. Die larwes het ‘n vurige eetlus en teen die einde van sy larfstadium verander die vlieg in ‘n 3-sentimetre lange papie wat propvol proteïene, kalsium en ander voedingstowwe is. Aangesien elke volwassene 200 tot 600 eiers produseer, hoef net ‘n paar papies aangehou te word om die volwasse bevolking aan te vul. Die res word in ’n oond gebak en in die son gedroog om as ’n sleutelbestanddeel in hoender-, vark- of visvoer, of hoëgehalte troeteldierkos gebruik te word. Maar die afval wat die larwe verorber word ook omskep in insekpoep wat plantgroei en plaagweerstand bevorder.