Israel doen alles om burgerlikes te beskerm – Biden
Die Amerikaanse president Joe Biden beskryf die aanklaer van die Wêreldhof se aansoek vir lasbriewe om Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, en sy minister van Verdediging in hegtenis te neem, as verregaande. Dié hof se hoofaanklaer, Karim Khan, soek ook lasbriewe om drie Hamas-leiers te arresteer. Dit is vir vermeende oorlogsmisdade en misdaad teen die mensdom in Israel en Gaza. Biden sê Israel doen alles in sy vermoë om burgerlikes te beskerm: