Besmette bloed was 20 jaar in Brittanje toegesmeer

‘n Skandaal wat reeds dekades lank in die Verenigde Koninkryk voortduur en waarin duisende mense gesterf het nadat hulle met besmette bloed behandel is, is verdoesel en sou grootliks vermy kon word. Dit is die bevindings in ‘n nuwe skok-verslag. Meer as 30 000 mense is besmet met virusse soos MIV en hepatitis nadat hulle tussen die 1970’s en vroeë 1990’s besmette bloed toegedien is. Meer as 3 000 van hulle is dood in wat beskryf word as die grootste behandelingsramp in die tagtig jaar geskiedenis van die staatsbeheerde Nasionale Gesondheidsdiens.