Ramaphosa neem kennis van uitspraak teen Zuma

President Cyril Ramaphosa sê hy neem kennis van die uitspraak deur die Konstitusionele Hof dat oudpresident Jacob Zuma nie aan die verkiesing mag deelneem nie. Dit volg ná sy skuldigbevinding aan en vonnis vir minagting in 2021. Die hof het bevind Zuma mag nie tot die Nasionale Vergadering verkies word voordat vyf jaar verloop het ná die voltooiing van sy vonnis nie. Ramaphosa sê die uitspraak van die Hof moet gerespekteer word: