ICC-aansoek is absurd – Bibi

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het die aansoek vir sy inhegtenisneming as ʼn absurde en vals bevel verwerp. Die Internasionale Strafhof se hoofaanklaer, Karim Khan, vra dat lasbriewe uitgereik word vir Netanyahu en sy minister van Verdediging, Yoav Gallant, vir aksies in Gaza. Hy vra ook dat drie Hamas-leiers gearresteer word vir die aanval op Israel op sewe Oktober. Netanyahu sê Khan se optrede is net ʼn poging om Israel die basiese reg tot selfverdediging te ontneem: