Scottie Scheffler weer vroeg Junie in die hof

Die wêreld se voorste speler, Scottie Scheffler, se hofverskyning is tot 3 Junie uitgestel. Die Amerikaner is verlede Vrydag kort voor sy tweede ronde in die PGA-kampioenskap in hegtenis geneem nadat hy deur swaar verkeer wat deur ‘n botsing veroorsaak is, by die Valhalla-gholfklub wou inry. Scheffler word onder meer aangekla van aanranding, roekelose bestuur en die verontagsaming van ‘n verkeersbeampte. Hy ontken alle klagtes teen hom.