Bouplanne vertoon goed in Swakop, Walvis sal ook binnekort styg

Swakopmund het in Maart ‘n 14 persent maand-tot-maand toename in goedgekeurde bouplanne gesien. Dit was aansienlik hoër as in Windhoek, waar goedgekeurde bouplanne met 2,6 persent op ‘n maandgrondslag gestyg het. In beide gevalle was dit steeds laer as in Maart verlede jaar. IJG Securities sê in sy boubedryf statistieke verslag Namibië het aandag getrek danksy onlangse olie-ontdekkings en die groenwaterstofprojekte. Dit kan hoër eiendomspryse tot gevolg hê. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bärbel Kirchner, die uitvoerende hoof van die Konstruksiebedryf-federasie, wat sê daar is ‘n verwagting dat Walvisbaai se konstruksiebedryf ook gaan verbeter weens ontwikkelings wat beplan word.