Is ‘n referendum oor Ekandjo-wetsontwerpe dalk op pad?
Verlede maand het ’n komitee wat teen homoseksualiteit en selfdegeslaghuwelike is, president Nangolo Mbumba 21 dae gegee om die huwelikswysigingswetsontwerp en gade-wetsontwerpe te teken. Die komitee se voorsitter, Pendapala Nakathingo, het ook die afdanking van justisieminister Yvonne Dausab geëis, wat volgens hom die homoseksuele agenda in die land bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met Nakathingo gepraat, wat sê die 21 dae is verby.
Nakathingo sê as Mbumba nie die wetsontwerp onderteken nie, hulle geen ander keuse sal hê as om ‘n nasionale referendum hieroor voor die verkiesings te vra nie.