Finansministerie doen strukturele transformasie: Shiimi

Die finansministerie is besig met ‘n strukturele transformasie, aangesien die huidige indiensnemingstruktuur nie by sy doel pas nie. Finansminister Iipumbu Shiimi het tydens die ministerie se kabinetsinligtingsessie gesê dit is om te verseker dat die ministerie se verskillende funksies genoeg mense het wat vir hul spesifieke pligte opgelei is. Hy sê die huidige struktuur is voor onafhanklikheid opgestel en sedertdien nooit hersien nie. Hy sê daar is te veel administrateurs, maar die stelsel het rekenmeesters en ekonome nodig. Die ministerie het ook kapasiteitsuitdagings en gaan sy werkers herontwikkel en heroplei. Die ministerie wil die transformasiestruktuur in die huidige boekjaar voltooi.