Betalingsoplossings lei fintech-innovering in Afrika

Die finansiële tegnologiesektor, oftewel fintech, in Afrika blom. Ondanks wêreldwye uitdagings het waagkapitaal-beleggings verlede jaar met 6-persent in Suid-Afrika toegeneem tot meer as elf-miljard Suid-Afrikaanse rand. Fintech lok steeds aansienlike befondsing, veral ten opsigte van betalingsoplossings, en dit verteenwoordig 41-persent van alle beleggings. Volgens Antonia Bothner van Endeavor South Africa, hou die verskuiwing vanaf kontanttransaksies, wat steeds so veel as 75-persent van die mark verteenwoordig, aansienlike moontlikhede in. Suid-Afrika se sterk tegnologie-ekostelsel en markgrootte maak dit ‘n belangrike spilpunt vir fintech-innovering.