Instandhouding sorg vir minder SA beurtkrag

Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het aangekondig Suid-Afrika is reeds 54-dae sonder beurtkrag weens ‘n verbetering in die energiebeskikbaarheidsfaktor. Dit het met nege-persentasiepunte verbeter tot 60,7-persent. Ramokgopa bevestig die onbeplande kapasiteitsverliesfaktor het van 35-persent, afgeneem tot 28-persent. Hy skryf die verbetering toe aan aggressiewe instandhoudingspogings, aangesien Eskom ‘n drie-jaar-hoogtepunt in beplande instandhoudingswerk bereik het terwyl eenhede operasioneel gehou is.