Komende somer kan dalk uiters positief wees vir reën

El Niño-toestande het reeds verswak met La Niña wat teen September gevestig sal wees. Volgens die Enso-voorspellings is daar ‘n 69 persent waarskynlikheid dat La Niña tussen Julie en September sal pos vat. Volgens die weermodelle sal die La Niña sy houvas oor weerstoestande dwarsdeur die Suidelike Halfrond se somer behou. Kosmos 94.1 Nuus het met weerkenner Johan van den Berg gesels en hy bevestig die goeie nuus.