NamWater woeker vir watervoorsiening
NamWater was die afgelope tyd besig en verskeie tenders rakende boorgate het by die watervoorsiener gesluit. Die tenders vra vir die installering en monitering van agt produksie boorgate by Berg Aukas sowel as vier moniterings gate, ook by Berg Aukas. Die skema vorm deel van die noodvoorsieningskema vir water na die sentrale gebied maar, dit is ook noodsaaklik vir boere langs die kanaal. Dertien boorgate is ook vir die Opuwo-gebied aangevra en ses boorgate moet gerehabiliteer en vervang word. Watervoorsiening raak baie uitdagend as tradisionele bronne soos die land se damme so leeg is.