Kenia se ekonomie vertoon baie beter

Kenia se ekonomie het in 2023 met 5,6 persent gegroei vanaf ‘n hersiene 4,9 persent in die vorige jaar. Die land se ekonomie maak staat op boerdery, wat meer as ‘n vyfde van die jaarlikse ekonomiese uitset bydra, en oorvloedige reën na jare se droogte het die sektor gehelp om te herstel en groei van 7 persent is aangeteken. Toerisme, wat nog ‘n sleutelsektor is, het ook groei getoon, met besoeker-getalle wat verlede jaar die jaarlikse pre-pandemievlak van 2,035 miljoen oortref het tot 2,087 miljoen besoekers.