Bye vandag internasionaal herdenk

Dis vandag Wêreld-byedag om mense bewus te maak van hierdie bestuiwers se belangrikheid, die probleme wat hulle bedreig en hulle bydrae tot volhoubare ontwikkeling. Vanjaar se tema is “Bye en die Jeug” en beklemtoon hoe noodsaaklik dit is dat jongmense betrokke raak by byeboerdery en pogings om dié bestuiwers te bewaar. Die Verenigde Nasies sê die doel is om maatreëls te verskerp wat bye en ander bestuiwers beskerm. Die VN voeg by dit sal aansienlik bydra om probleme met wêreldwye voedselsekerheid op te los.