DRK sê drie Amerikaners betrokke by staatsgreep

Die Demokratiese Republiek die Kongo se weermag het ‘n poging tot ‘n staatsgreep teen die president Felix Tshisekedi afgeweer en die leier gedood en sowat 20 mense, insluitend drie Amerikaanse burgers aangekeer. Volgens berigte is die Amerikaners glo CIA-agente. Die mans het die Palais de la Nation, die kantoor van die president, beset en die huis van Vital Kamerhe, die voormalige stafhoof en noue bondgenoot van Tshisekedi aangeval. Die aanvallers word met die New Zaire Movement verbind, wat bande met die voormalige verbanne politikus, Christian Malanga, het.