Beijing nuwe miljardêr-hoofstad

Forbes se 2021-lys van miljardêrs toon dat China se hoofstad, Beijing, New York verbygesteek het as die wêreld se miljardêr-hoofstad. Die stad het die afgelope jaar 33 miljardêrs ryker geword. Altesaam 100 miljardêrs woon tans in Beijing. Die stigter van die TikTok-toepassing en Bestuurshoof van die maatskappy ByteDance, Zhang Yiming, is die rykste inwoner van die stad. Die lys het verlede jaar ‘n rekordgetal van 493 nuwe rykes bygekry, teen ongeveer een miljardêr elke 17 uur.