Cher is nie gereed vir 78 nie…

Cher, wat vandag 78 word, is nie gereed om ouer te word nie.

Die “Believe”-sangeres het verlede week die première van die dokumentêr “Bob Mackie: Naked Illusion” in Los Angeles bygewoon en onthul hoe sy haar 78ste verjaardag gaan vier. Haar plan is om haar kussing oor haar kop te trek en te skree.  Op dieselfde vraag deur nog ‘n nuusagentskap het sy gesê: “Asseblief! Ek wil my kop onder die bed indruk.”

Dit is nie die eerste keer dat die ikoon haar siening oor oud-word deel nie. In 2020 het sy aan The Guardian gesê sy haat dit om ouer te word. Sy is van mening dat enige vrou wat eerlik is met haarself, sal sê dit is nie soveel pret nie. Destyds met haar toere, het sy twee vertonings per aand gedoen en daarna die hele nag lank uitgegaan en gedans. Maar deesdae, “Dit is asof ons moet rus, want jy het môre nog ‘n vertoning,” sê die sangeres.

Tydens ‘n “Good Morning Britain”-verskyning in September 2023, het Cher gesê sy het geen planne om op te hou om jeans te dra of haar hare te sny nie – selfs wanneer sy 80 is – want sy “hou tred met die nuutste mode-neigings.” In November 2023 het sy ook aan Today gesê dat sy “enigiets sal gee om weer 70 te wees.”

Foto: Kevin Winter/Getty Images for iHeartRadio