Nog sonstorms op pad
Die Suid-Afrikaanse Ruimteagentskap waarsku die son nader volgende jaar sy mees aktiewe tydperk, met die piek-aktiwiteit wat in Julie verwag word. Dit volg op verlede naweek se uiterste sonstorm, wat die aurora australis-fenomeen in Suid-Afrika sigbaar gemaak het. Die agentskap waarsku, sonstorms kan elektriese toerusting, die netwerk, vervoer- en kommunikasie-infrastruktuur ontwrig. Die tussentydse uitvoerende direkteur, Jonathan Ward, sê die voorkoms van die seldsame aurora australis, of suidelike ligte, was ‘n verrassing, en hy beklemtoon die verhoogde moontlikheid van soortgelyke storms, met die volgende een wat oor twee weke verwag word.