MK stel sy manifes in Soweto bekend
Die uMkhonto we Sizwe-party het sy manifes in die Orlando-stadion in Soweto bekendgestel. Duisende ondersteuners het gevra die partyleier Jacob Zuma moet weer die mag gegee word in die geloof dat hy nog ‘n politieke pad het om te loop. Die party wil die ekonomie laat herleef, maatskaplike geregtigheid versterk en sleutelsektore nasionaliseer. Die sekretaris-generaal Sihle Ngubane het ook aantygings dat die party Zoeloe-nasionaliste is, verwerp.