Landbou-ministerie werk wel aan saadnavorsing: kenner
Namibië spandeer slegs 0,73 persent van BBP aan navorsing en ontwikkeling, is onlangs deur hoër onderwys, tegnologie en innovasie-minister Itah Kandjii-Murangi bevestig. Die wêreld-standaard is 1 persent van BBP. Volgens ‘n plaaslike ekonoom veroorsaak ‘n tekort aan navorsing dat verskeie sektore nie ontwikkel word nie. In landbou word daar byvoorbeeld nie saad ontwikkel vir Namibië se klimaat nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee, wat sê die landbou-ministerie werk wel aan saadnavorsing, ten spyte van die min geld daarvoor.