Israel beweer hy is in regshinderlaag gelei
Israel het Suid-Afrika van ‘n regshinderlaag beskuldig in die Internasionale Geregshof in Den Haag, in Nederland. Hulle beweer die verhoor is onregverdig weens die onbeskikbaarheid van sy gekose regsverteenwoordigers. Suid-Afrika versoek bykomende noodmaatreëls teen Israel se offensief op Rafah in Gaza. Israel se adjunk-prokureur-generaal, Gilad Noam, voer aan die beskuldigings van volksmoord is ongegrond en sê Rafah is ook ‘n Hamas-vesting met vuurpylterreine wat ingebed is in die burgerlike bevolking.