Magdom sake teen Brockerhoff, word nou saamgevoeg

Die vermeende reeks-stroper Derick Brockerhoff en sy makker Markus Rooinasie sal weer op 30 Julie in die hof verskyn wanneer die twee na verwagting ‘n formele borgaansoek sal bring. Die saak is vanoggend deur landdros Monica Andjaba uitgestel omdat die twee steeds nie regsverteenwoordiging na hulle arres op 11 April het nie. Tydens Brockerhoff se arrestasie het die boeregemeenskap saam gestaan en al sy vorige en huidige sake in verband met stropery na vore gebring. Hy is blykbaar berug vir die tipe misdaad. Die saak sal nou na die streekhof oorgedra word en met al sy ander sake saamgevoeg word. Hennie Brisley, die voorsitter van die Windhoek streekslandbou-unie het by die hof met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Daar is 15 oop sake van stropery en veediefstal, met een van handel in kokaïen, tans teen Brockerhoff.