Fifa besluit vandag oor vroue-Wêreldbekertoernooi

Die Wêreldbeheerliggaam, Fifa, vergader vandag in Bangkok, Thailand, om te besluit wie die vroue-Wêreldbekertoernooi in 2027 sal aanbied. Brasilië se bod het ‘n hoër tegniese telling gekry by die evalueringstaakspan as België, Nederland en Duitsland se gesamentlike bod. Brasilië bied tien stadions aan wat in 2014 vir die Wêreldbekertoernooi vir mans gebruik is, maar dit sal opgeknap moet word. Europa het die toernooi al drie keer aangebied. Fifa sal die eerste keer ‘n oop stemming gebruik ná beskuldigings van agteraf, geheime onderhandelings.