Boulter hoor vandag oor vervolging

Uitspraak in die saak waar die Britse sakeman en moord beskuldigde, Harvey Boulter, poog om die beslissing van die aanklaer-generaal Martha Imalwa vir sy vervolging te hersien word vanoggend om tien-uur verwag. Regter Herman Oosthuizen het reeds in Januarie hoofbetoë aangehoor. Boulter word van die moord beskuldig op sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk ná ‘n noodlottige skietvoorval op sy plaas in Februarie 2021 in die Kamanjab-distrik.