Spoed en drank dryf hoë ongeluksyfer aan
Die Namibiese Padongelukkefonds het vanaf 1 Januarie tot 10 Mei vanjaar 970 ongelukke aangeteken waarin 147 mense dood is met ‘n verbysterende 1 789 mense wat beseer is. Oudergewoonte het Khomas die meeste ongelukke aangeteken op 342 of 34 persent gevolg deur Erongo met 134, of 14 persent en Oshana met 93, 10 persent. Khomas het ook die meeste beserings, 499 aangeteken. Erongo is tweede op 258 en dan Otjozondjupa met 186. Die meeste sterftes is in Oshana aangemeld op 21, gevolg deur Otjozondjupa met 17 en Erongo en Kavango-Oos met 16 elk. Die fonds sê 72 persent van ongelukke tussen 2019 en 2022 kan toegeskryf word aan spoed, roekelose en dronkbestuur.