SA het goed opgeleide, gesonde landsburgers nodig

Die Referendum Party sê daar is ‘n behoefte aan verbeterde toegang tot gesondheidsorg en onderwys in Suid-Afrika. Partyleier, Phil Craig, meen ‘n gesonde, goed-opgeleide bevolking is onontbeerlik vir die bou van ‘n eerstewêreldland. Craig sê Suid-Afrika se gesondheidsuitdagings sal egter nie opgelos word deur ‘n massa-uittog van gesondheidslui nie, en die nasionale regering het reeds bewys hy kan nie ‘n gesondheidstelsel suksesvol bestuur nie.