Leeus sluit skole in Mukwe-kiesafdeling, Kavango-Oos

Vier skole in die Kavango-Oos-streek se Mukwe-kiesafdeling het klasse tydelik opgeskort weens leeus wat in die gebied rondloop. Die omgewingsake-ministerie bevestig dat drie leeus waargeneem is. Personeellede wat hul bewegings monitor meld dat die groep verdeel het, aangesien slegs die spore van ‘n mannetjie en wyfie vanoggend gesien is. Kosmos 94.1 Nuus het by Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder, gaan kers opsteek.

Gemeenskappe in die nabygeleë gebiede word gemaan om te alle tye waaksaam te wees. Diegene met vee word versoek om die diere snags in hul krale te hou.