Kleinhandelaars in brandstof soek meer verligting
Die brandstof-kleinhandelaars baklei steeds vir ‘n verhoging in hulle heffing. Groothandelaars het verligting ontvang maar, volgens die Fuel and Franchise Association, Fafa, se voorsitter Deklen Viviers, word die beplande vergaderings herhaaldelik uitgestel. Hulle het in Oktober verlede jaar 20 sent ontvang maar sê dis nie genoeg nie.
Viviers sê hulle het groot kommer omdat die verligting dringend is of, hulle soek ‘n groter winsmarge.