Meer kompetisie is goed vir verkiesings

Die opkoms van nuwe politieke entiteite, insluitend onafhanklike kandidate, gedurige onsekerheid en ‘n oproep vir verandering en ekonomiese herlewing, beklemtoon die belangrikheid van die verkiesing op 29 Mei. Dit is die siening van professor Theo Neethling van die Universiteit van die Vrystaat. Die verwagting is dat die ANC se steun tot onder 50-persent in die verkiesing gaan daal. Hy sê die dae is verby dat die ANC geen ernstige politieke mededingers by die stembus het nie met nuwe partye wat aan die verkiesing gaan deelneem en met die meer gevestigde opposisiepartye gaan meeding.