Trump en Biden sal vroeg, en twee keer debat voer

Die Amerikaanse president Joe Biden en oudpresident Donald Trump het ingestem om aan twee presidensiële debatte op televisie deel te neem in aanloop tot die verkiesing in November. Die eerste word op 27 Junie op CNN uitgesaai en die tweede op 10 September op ABC. Minstens 73-miljoen Amerikaners het in 2020 na die eerste debat tussen die twee gekyk. Biden sê hy is gereed vir die debatte terwyl Trump sê Biden is die swakste redenaar teen wie hy in sy lewe gedebatteer het.