Uitspraak op pad in Caster Semenya testosteroon-saak

Atletiek: Die Europese Hof vir Menseregte sal môre sy finale besluit bekend maak oor Caster Semenya se regstryd oor testosteroonregulasies. Die dubbele Olimpiese 800 meter-kampioen betwis die vereiste om haar testosteroonvlak te verlaag om te kan deelneem. Die hof het in ‘n vorige uitspraak in haar guns beslis toe dit bevind het die vroeëre uitspraak van die Arbitrasiehof in Sport was diskriminerend. Volgens Semenya skend die regulasies haar waardigheid en menseregte.