Man twiet om hulp vanuit winkel

Moet nooit te lekker in daai banke sit in ‘n meubel winkel of te lekker gaan lê op die beddens nie, jy mag dalk aan die slaap raak. ‘n Man het in Japan op ’n masseerstoel aan die slaap geraak en toe hy wakker word besef hy dit is donker en die winkel is gesluit.

Hy het uit desperaatheid getwiet dat hy toegesluit is in die winkel en hulp nodig het.

Slegs geïdentifiseer deur sy Twitter-handvatsel, @_Asphodelus, is die slaperige klant gedwing om sy lot te twiet toe hy ontdek het dat hy in die winkel toegesluit is.

Hy het verskeie foto’s van ‘n donker en leë binneruim geplaas en die foto byskrif gegee: “Ag man, ek is toegesluit!”

Daar word vermoed dat die man ‘n alarm geaktiveer het wat die polisie in kennis gestel het, en daarin geslaag het om met die winkel se bestuurder in aanraking te kom.

Nadat 10 polisiebeamptes hom deursoek het om te bevestig hy is nie ’n winkeldief nie, het hy getwiet dat hy uiteindelik daarin geslaag het om uit te kom.

Die bestuurder het die man om verskoning gevra vir personeel se versuim om agter te kom dat hy nog in die stoel was toe hy toegesluit het.

Die man het ook jammer gesê, hoewel dit onduidelik is hoe lank hy ingesluimer het.