Menzies verloor in hooggeregshof

Die hooggeregshof het Menzies Aviation se appèl teen die afwysing van ‘n tydelike interdik hangende die finalisering van ‘n hersieningsaansoek, van die hand gewys. Die aansoek het gevolg na hoërhof dit van die hand gewys het. Menzies het destyds vir die verligting gevra terwyl die toekenning van die vrag- en grondhanteringstender by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe aan Paragon hersien word. Regters Sylvester Mainga, Elton Hoff en Theo Frank het die aansoek hanteer. Menzies moet ook die regskostes van die respondente betaal.