Ses spanne ding mee om drie oorblywende plekke in IPL-uitspeelrondes

Krieket: Ses spanne het steeds ‘n realistiese kans om die uitspeelrondes van die Indiese Premierliga te bereik. Net Kolkata Knight Riders het reeds kwalifiseer en Mumbai Indians sal nie die groepstryd oorleef nie. Royal Challengers Bengaluru het danksy vyf agtereenvolgende oorwinnings opgeskiet na vyfde plek op die punteleer. Die ander spanne wat meeding om die oorblywende drie plekke in die uitspeelrondes is Chennai Super Kings, Delhi Capitals, Rajasthan Royals, Sunrisers Hyderabad, Lucknow Super Giants en Gujarat Titans.