Wat’s volgende vir Namibië se mooistes?

Die top-tien vir die Mej. Namibië Tiener en Mej. Namibië is die naweek by ‘n glans geleentheid by Droombos net buite die hoofstad bekend gemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Beulah Boois-Beukes van die skoondheidskompetisie gesels oor wat volgende vir die dames is.