Regter sat vir Trump se minagting, lê weer boete op

Die regter in Donald Trump se strafregtelike verhoor het hom weer met 1 000 Amerikaanse dollar beboet en hom vir ‘n 10de keer in minagting van die hof gehou, weens sy soveelste oortreding van ‘n muilband-bevel. Regter Juan Merchan het gewaarsku dat verdere oortredings die voormalige president in die tronk kan laat beland. Die bevel verbied Trump om in die openbaar te praat oor jurielede en getuies in sy Stormy Daniels-saak. Merchan sê hy beskou tronkstraf as “waarlik die laaste uitweg” wat die verhoor sal ontwrig, buitengewone veiligheidsuitdagings sal inhou en die presidensiële verkiesing sal bemoeilik. Hy het bygevoeg Trump se “voortgesette, opsetlike” oortredings van die bevel kom neer op ‘n “direkte aanval op die oppergesag van die reg”.