Namibië benodig meer dokters, verpleegsters
Die Wêreld Gesondheidsorganisasie, in samewerking met vennote en lidlande, bied van vandag tot Woensdag die Afrika Gesondheid Arbeidsmag Beleggingsforum in Windhoek aan. Die forum poog om konsensus en verbintenis oor die Africa Health Workforce Investment Charter te verkry. Die handves sit kernbeginsels uiteen wat daarop gemik is om volhoubare langtermynbelegging in die gesondheidswerkmag te stimuleer en in lyn te bring. By die geleentheid het premier Saara Kuugongelwa-Amadhila ‘n opdatering gegee oor die aantal dokters in die land.