Webb Ellis-beker die naweek op Kimberley
Drie lede van die Springbokke se Wêreldbeker-groep sal Vrydag saam met die Webb Ellis-beker by die derde stilhouplek van die Wêreldbeker-blitstoer in Kimberley wees. Malcolm Marx, Duane Vermeulen en Deon Fourie neem die gesogte beker na die Noord-Kaap waar ‘n miernes van bedrywighede op hulle wag. Die Bokke sal die Diamond Pavilion-winkelsentrum aandoen voor hulle koers kies na die stadion in die stad vir die kragmeting tussen die boonste twee spanne in die SA Beker, die Griekwas en die Pumas.